KIMBERLEY. – Die man wat gister na bewering weggejaag het vir die polisie en op die hoek van Carters- en Queensweg in hegtenis geneem is, het vanmiddag in die landdroshof hier verskyn.
Luidens die klagstaat is Lesego Pule gister deur die verkeersdepartement gestop en toe hulle na sy lisensie kyk, het hulle gesien daar is ’n lasbrief vir sy in hegtenisname uitgereik.
Hy het na bewering weggejaag voor hulle hom in hegtenis kon neem. Hy is op die hoek van Carters en Queensweg voorgekeer en in hegtenis geneem.
Lorenchia Japhta, die staatsaanklaer, sê Pule staan tereg op aanklag deur nie sy verkeersboete te betaal nie, om nie die polisiebeampte se ordes uit te voer nie en vir nalatige bestuur.
Sy het ook gesê die staat gaan Pule nie vervolg vir die eerste aanklag vir die boete nie.
Landdros Pauline Coollen het egter gesê die saak kan nie voortgaan indien die eerste aanklag nie deel van die saak is nie. “Sonder die een kan daar nie ander aanklagtes wees nie.”
Boete
Chwaro Kgotlagomang, Pule se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê die boete is reeds maande terugbetaal, voor die uitreiking van die lasbrief.
Sy het die saak van die rol geskrap tot die staat die konsultasies voltooi het.
Kyk die video hier:



