Polisie monitor protesaksie op Richie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Lede van die Noord-Kaapse polisie vir die openbare orde monitor tans die situasie by Motswedimosa op Ritchie na die afbrand van die internetkafee, gedeeltelike uitbrand van die gemeenskapsaal en die gebou van die munisipaliteit.

Daar word beweer dat woedende plaaslike inwoners die geboue gistermiddag aan die brand gesteek het. Die motief is nog nie vasgestel nie.

Kapt. Tawana, woordvoerder van die polisie, sê daar is nog geen arrestasie gemaak nie en enigiemand met inligting word vriendelik versoek om die Modderrivier-speurderbevelvoerder, kapt. Deon Rheeder by 082 4690 193 te kontak.

Alle inligting word streng vertroulik hanteer.