Lewenslange tronkstraf vir moord op lewensmaat

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU. – ’n Man is gister in die Kathu-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy lewensmaat.

Paulus Norman Herman (37) het sy lewensmaat in Januarie 2019 doodgesteek.

Brig. Mohale Rametsaba, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde het na bewering die oorledene voor haar agtjarige seun doodgesteek. “Dit is nie bekend of daar ’n argument tussen die twee was nie.”

Rametsaba sê die beskuldigde het van die toneel ná die voorval gevlug, maar is later deur die Siyathemba-polisie aan die buitewyke van Kathu in hegtenis geneem.

Tydens die uitspraak van Herman se vonnis, het die regter gesê die gemeenskap moet die hof vertrou, veilig voel en nooit misdaad pleeg nie.