August 5, 2021

Wateronderbreking uitgestel

KIMBERLEY. – Die beplande wateronderbreking wat van môre tot Saterdag sou plaasvind, is tot volgende week uitgestel.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê dié onderbreking is uitgestel ná oorlegpleging met die betrokke partye. “Ons sal die regte datums voorsien sodat die gemeenskap voldoende daarvoor kan voorberei.”

Hy se die spanne is reeds gereed om die 965 mm aan die nuwe pompstasie te koppel.

FiND iT hou jou op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *