Dwelmhandelaar gevang

Deel hierdie storie / Share this story

KANONEILAND – Twee wakker konstabels, naamlik Badisa Mogoje en Israel Olyn, het op 24 September omstreeks 20:30 ’n man met ’n weerkaatsbaadjie in die wingerde in Witkroek in Kanoneiland gesien loop met ‘n groot blou sak.

Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê toe hulle die man nader, het hy weggehardloop en die sak wat hy gedra het, laat val. Die lede het daarin geslaag om hom in hegtenis te neem en hom ondervra. Hy het erken dat die sak aan hom behoort.

Die sak is deursoek en 4.086 kg dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R20 415 is gevind. Hulle het ook R1 200 kontant by die verdagte gevind.

Die 55-jarige verdagte word aangekla van dwelmhandel en sal binnekort in die Keimoes-landdroshof verskyn.