Aanneem van diere te moeilik

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al ’n hondjie of katjie by die DBV (Dierebeskermingsvereniging) aangeneem? Hoe het jy die proses gevind? Kon jy jou gunstelingtroeteldier aanneem?

Elsabie van Heerden het onlangs ’n hondjie by die DBV probeer aanneem en het die proses as skokkend beleef. Hulle wou ’n hondjie aanneem om saam met hulle in die huis, op hulle plaas te woon, maar het nie gekwalifiseer vir aanneming nie.

Van Heerden sê dat hulle meer as bereid wat om die bedrag wat vasgestel is vir die aanneming te betaal, maar die kriteria vir aanneming is belaglik en plaasmense kry die swaarste.

Neem eerder aan as koop

“Die DBV dring daarop aan dat diere eerder aangeneem moet word as gekoop word, maar hulle het dubbele standaarde. Hulle veroorsaak dat baie diere nie goeie, liefdevolle huise kry nie as gevolg van hulle houding teenoor aanneming. Die hokke staan vol arme hondjies en katte wat op die ou end uitgesit moet word.”

Mario van der Westehuizen van die DBV sê alle aansoeke word na hulle hoofkantoor toe gestuur en deur die hoofkantoor gekeur. Die DBV het ook nog nie ‘n volledige dokument vir die aanneming ontvang nie en kan nie huisbesoek aflê nie.