Roodepan-polisie vier Erfenisdag

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPAN. – Die Roodepan-polisie het Erfenisdag by die polisiekantoor gevier.

Dié geleentheid is amptelik deur lt.-kol. Pieter Jansen en kapt. Disebo Motsebe geopen.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê ’n modeparade, wat verskillende kultuurgroepe verteenwoordig het, is deur die lede aangebied. “Vier beoordelaars het die besgeklede mans en vrouens benoem. Die wenners was sers. Boniswa Makhasane, wat die Xhosa-kultuur verteenwoordig het, asook Heinrich le Grange, wat die Franse verteenwoordig het.

“Die geleentheid is afgesluit met die maak van potjiekos, waartydens lede by spanbou betrokke was.”