Vierde verdagte in Amy’Leigh-saak bekend gemaak

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJLPARK – Molebogi Mofokeng (24), die vierde verdagte in die Amy’Leigh-saak, het vandag in die plaaslike landdroshof hier verskyn.

Die 24-jarige man is eergister in die nabygeleë Muvhango in hegtenis geneem nadat die ander drie beskuldigdes reeds vroeër dié maand aangekeer is. Die saak is tot 2 Oktober uitgestel sodat die staat ’n kans kan kry om Mofokeng se adres te bevestig.

Mofokeng was glo ’n werker op Van Zyl se kleinhoewe, waar Amy’Leigh na bewering in ’n stoorkamer aangehou is.

Tharina Human, Laetitia Nel en Pieter van Zyl sal op 1 Oktober voortgaan met hulle borgtogaansoek.