Watter invloed het veldbrande op wyne?

STELLENBOSCH – Veld- en bosbrande word ‘n toenemende probleem regoor die wêreld. Dit is daarom nodig om die invloed wat rook op landbou-oeste het, te ondersoek.

So sê Engela Duvenage, ‘n woordvoerder by die Universiteit van Stellenbosch.

Dié kwessie binne die wynbedryf en die invloed wat dit op die aroma van wyne kan hê, is onlangs ondersoek deur twee navorsers van die Departement Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Marianne McKay en dr. Astrid Buica. 

Hul bevinding is in die South African Journal of Enology and Viticulture gepubliseer.

Dr. McKay het ook vroeër vanjaar haar doktorsgraad oor die onderwerp in die Fakulteit AgriWetenskappe ontvang.’n Opsomming hiervan is te lees in ‘n artikel op die webblad Sciencetrends.com. Kliek hier​ om meer oor die navorsing te lees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *