AfriForum plant bome by Minerva Gardens

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum Kimberley en die huiseienaars van Minerva Gardens het vandag bome op dié perseel geplant.

Daar is vandag vyf nuwe bome by Minerva Gardens geplant. Ian Smith, mede-voorsitter van AfriForum Kimberley, het die huiseienaars toegespreek en almal bedank vir die geleentheid en hul betrokkenheid.

Smith sê dat ons op ’n punt gekom het waar ons hoop verloor het, maar AfriForum bring ’n boodskap van hoop. AfriForum is tot voordeel van die mense in Kimberley. “Ons moet ons eie areas terugvat. As ’n woud brand, brand nie net sekere bome nie. Alles word verwoes. Ons gaan nie weer ’n ou Suid-Afrika terugkry nie, so kom ons werk saam en doen die ding.”