Raar gekolde sebra in Masai Mara gebore

Deel hierdie storie / Share this story

KENIA – ’n Toergids by die Masai Mara-natuurreservaat in Kenia het ’n raar gekolde sebra in die reservaat gesien. Die gids het die vul na sy van, Tira, vernoem. 

’n Soortgelyke sebra is ’n paar jaar gelede by die natuurreservaat gesien, maar dit het nog strepe en ‘n borselagtige stert gehad. Tira het egter patrone wat as polka-kolletjies voorkom.

Beryl Wilson, departementshoof van dierkunde by die McGregor-museum in Kimberley, sê sy het hierdie verskynsel al vantevore gesien.

“Alhoewel hierdie vul se kleur ongewoon is, is daar natuurlik ‘n groot verskeidenheid in die hoeveelheid swart en wit merke onder alle sebras. Hierdie vul het ‘n hoë uitdrukking van een kleur,” sê sy.