Media mag berig oor Amy’Leigh-saak se borgtogaansoek

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJLPARK. – Landdros Khota het pas bevind die media mag berig oor die borgtogaansoek van die drie vermeende ontvoerders, onder wie ’n gr. RR-juffrou, van klein Amy’Leigh de Jager (6).

Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Tharina Human is sedert 3 September in aanhouding, nadat Amy’Leigh voor haar laerskool, die Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms geruk is en ontvoer is.

Beide Nel se regsverteenwoordiger, asook die staat, het gevra dat die borgtogaansoek in camera gebeur.

Adv. Mike Laws, Netwerk24 se regsverteenwoordiger, het ’n aansoek gebring wat twee van Netwerk24 se kameras toelaat om die verrigtinge af te neem.

Landdros Khota het gesê persvryheid moet respekteer word. Dit is die media se rol om die publiek in te lig.

Betogers van Sasco, Cosas en die ANC-vroueliga het buite die hof saamgedrom om borgtog vir die drie verdagtes te opponeer.

Volg regstreekse uitsending op Netwerk24.