Gesteelde motor opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

’n Wit Volkswagen golf, met die registrasienommer CCK 305 NC,  wat vanoggend in die oggendure uit 102 Auto se werkswinkel in Transvaalweg gesteel is, is gevind.

Die voertuig was daar om oor gespuit te word. Daar is geen bewys dat daar by die winkel ingebreek was nie, maar werkers het toegang to die winkel gehad. ’n Saak van diefstal in by die polisie aangegee.

Die voertuig is omstreeks 10:30, met sleutels nog in die voertuig,  in Dealsville opgespoor. Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie en ’n saak van diefstal word ondersoek.