Die wenners van America’s Got Talent is…

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ndlovu-jeugkoor se avontuur op America’s Got Talent het gisteraand finaal tot ’n einde gekom, na die wenners aangekondig is.

Alhoewel hulle nie in die top-vyf geëindig het nie, is hulle steeds opgewonde oor alles wat voorlê.

Dié groep het op hulle Facebook-blad gesê: “Our America’s Got Talent journey may have come to an end, but this is only the beginning. We are so excited for what lies ahead and we look forward to continue sharing love, unity and above all hope.”

As deel van hulle laaste optrede het hulle saam met die Detroit Youth Choir en die bekende DJ, Kygo gesing.

Hier is die wenners vir seisoen 14 van America’s Got Talent:

Wenner: Kodi Leë

Naaswenner: Detroit Youth Choir

Derde plek: Ryan Niemiller

Vierde plek: V.Unbeatable

Vyfde plek: Voices of Service