KIMBERLEY. – ’n Gebarste pyp in Cassandra is die rede dat dié area tans nie water het nie.
Marie Beylefeld, ’n lid van die DA, sê die probleem is reeds vanoggend aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerapporteer.
Navraag oor wanneer die gebarste pyp herstel sal word, is aan Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, gerig, maar geen kommentaar is teen tyd van publikasie ontvang nie.



