Inwoner waarsku oor mans in middedorp

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Twee onbekende mans in die middestad hier kom na jou motor en vra waar Spar is.

Carla Koortzen, ’n bekommerde inwoner van Kimberley, sê hulle het gister by die verkeerslig by McDonalds en Shoprite, in Longstraat, gestop, toe twee onbekende mans na hulle motor toe kom. “Ek het die een sien aankom in die spieëltjie. Die ander man het in daardie stadium reeds by die bestuurderskant gestaan.”

Rigting gevra

Sy sê die een onbekende man het haar man gevra waar Spar is. “In daardie stadium het die man al hoe nader aan my man gestaan. My man het vir hom gesê hy moet loop, want hy weet goed Spar is nie hier nie.

Waarskuwing

“Hulle het nie aan ons deure gepluk of enigiets gedoen nie, waaroor ek nou baie dankbaar is, maar mense moet steeds gewaarsku word en meer op hul hoede wees in die middestad. Ek weet nie wat hulle wou doen nie, want ek verstaan nie hoekom een by my venster en die ander by my man se venster gaan staan het nie.”