Flaminke se redding beloop R1.6 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Verdere 42 (of 43) flaminke gaan tussen Oktober en November vrygelaat word.

So sê Mike Bolhuis, ’n privaat ondersoeker van Pretoria, wat die reddingspoging van die flaminke van Kamfersdam, in Kimberley, vroeër die jaar uitgevoer het. 

Ongeveer 238 van 3 000 flaminke en eiers wat uit die droogtetoestande by die Kamfersdam gered was, is tot dusver vrygelaat.

153 Flaminke in aanhouding

In totaal is daar nog 153 flaminke in aanhouding, 95 by die nasionale dieretuin van Suid-Afrika en 58 by die Lory Park-dieretuin. 

“Ongeveer 117 (of 120) flaminke kan nie vrygelaat word nie,” sê Bolhuis.

“22 (of 25) Flaminke het fisiese tekortkominge en 95 ander het pokke en kan nie vrygelaat word nie.”

Bolhuis sê daar is ook nog gevriesde karkaste van flaminke by eksterne fasiliteite. Hy sê dit moet nog in berekening gebring word. Die veeartsenykundige span moet besluit of nog monsters vir toetse geneem moet word voordat dit van kant gemaak word.

Flaminke se redding beloop R1.6 miljoen

Luidens state wat deur SRE Developements vir die Pan-African Association of Zoos and Aqaura (PAAZA) voorberei is, het die uitgawes van die reddingspoging van die flaminke R1.6 miljoen beloop.

Bolhuis sê die belangrikste elemente in die vasstelling van die lewensvatbaarheid van so ‘n groot bewaringsgebeurtenis is die totale koste wat daaraan verbonde is. Alhoewel die twee hoofsentrums ‘n volledige boekhouding het, het verskillende fasiliteite wat gehelp het die kostes gedra en het hulle direkte finansiering en skenkings van eksterne bronne ontvang.

Nie-winsgewende organisasies se uitgawes

Donasies ontvang: R497 545

Plaaslike vervoer: R47 148

Vrywilligers se uitgawes: R29 705

Pretoria-fasiliteit: R380 365

Flaminkvoeding: R92 807

Totale uitgawes: R511 471

PAAZA se uitgawes

Donasies ontvang: R1 049 968

Plaaslike vervoer: R154 712

Vrywilligers se uitgawes: R105 743

Kimberley-fasiliteit: R390 908

Flaminkvoeding: R92 807

Totale uitgawes: R1 142 291