Drie vir R1.2 miljoen se dagga gevang

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Drie mans is in Upington in hegtenis geneem nadat die grenspolisie 42 sakke dagga ter waarde van R1.2 miljoen by ’n huis gevind het.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê die Upington-grenspolisie en die honde-eenheid het spoedig op inligting reageer van dagga wat by ’n huis in Upington geberg word.

Die polisie het ’n klopjag by die huis uitgevoer. By aankoms het hulle 42 sakke dagga op die stoep gereed om vervoer te word gevind.

Kock sê drie verdagtes is vir die handeldryf in dagga in hegtenis geneem. ’n Swart Honda Ballade is ook op beslag gelê.

Die beskuldigdes gaan binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.