Toyota Suid-Afrika het vir Elizabeth Conradie-skool ’n splinternuwe Quantum-bussie vir sport geborg. Die doel van die vier jaar lange borgskap van Toyota is om kinders met fisiese gestremdhede te help om hulle volle potensiaal te bereik.
Dankbaar
Mnr. Edward Malouly, skoolhoof van Elizabeth Conradie, het Toyota Suid-Afrika bedank vir hulle borgskap en dat hulle in dié skool se kinders se toekoms belê.
Moekie Grobbelaar, ’n oudleerling van die skool en deelnemer aan die paralimpiese spele, het tydens haar toespraak gesê as dit nie vir die sterk fondasie was wat die skool vir haar gelê het nie, sou sy nie haar volle potensiaal kon bereik nie.
Oorhandiging
Pieter Badenhorst, wat al 25 jaar by Toyota werk en self ’n parapleeg is, het die nuwe bussie aan Malouly oorhandig.




