Die Ndlovu-jeugkoor, wat aan America’s Got Talent deelneem, het gisteraand in die finaal opgetree. Die beoordelaars was weer eens op hulle voete met hierdie optrede.
Geklee in geel het hulle weer hulle eie weergawe van Toto se 1982-liedjie, Africa, gesing.
Die wenners word deur die publiek gekies en word vanaand gekroon. Die wenners van dié kompetisie stap weg met ’n kontantprys van ’n enorme $1 000 000.



