Lyfstraf, wat altyd wettig in Suid-Afrika was, is vandag in die konstitutisonele hof as onwettig verklaar.
Ná vandag mag lyfstraf glad nie meer in privaat huise toegepas word nie.
Talle organisasies soos FOR SA, Sonke Gender Justice en die Quaker Peace-sentrum het ’n appèl ingedien.
Luidens ’n persverklaring van die hooggeregshof het regter CJ Mogoeng, asook die res van die paneel tydens die uitspraak geredeneer dat kinders steeds effektief gedissiplineer kan word sonder om lyfstraf toe te pas en dat daar ander maniere is om kinders te dissiplineer.



