*Nie vir sensitiewe lesers en nie vir kinders bedoel nie.
PRETORIA. – Nicholas Ninow, wat bekend staan as die “Dros-verkragter”, is al sedert 9 September 2019 in die landdroshof hier vir sy verhoor.
Hy het verlede week skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, regsverydeling en die besit van dwelms.
Die voorval, waar Ninow afgeneem is in die Dros in Silverton nadat hy uit die toilette kom, het ’n jaar gelede plaasgevind.
Dwelms in Dros
Maroela Media het berig Ninow het gesê hy het dae voor die voorval die dwelm CAT gebruik en het die dag van die voorval weer dwelms en alkohol gebruik. Hy het in die Dros naar gevoel en badkamer toe gegaan, met die doel om nog dwelms te gebruik. Hy het na die vrouebadkamer gegaan omdat hy bang was die restaurantbestuurder betrap hom.
Meisie maak deur oop
Terwyl Ninow op die toilet gesit en dwelms gebruik het, het die meisie die toiletdeur oopgedruk en gesê sy wil die toilet gebruik.
“Impulsief” opgetree
Volgens hom het hy “impulsief” opgetree. Hy het haar broek afgetrek, sy geslagsdeel in haar mond gesit en haar met sy vingers gepenetreer.
Die uitspraak sal vandag gelewer word.



