August 5, 2021

Water af oor gebarste pyp

Foto: Hulshoff Plumbing & Gas

KIMBERLEY. – Die meeste areas van Kimberley is sonder water as gevolg van ’n hooflyn-pyp wat gebars het.

Die pyp het in Jacobus Smitstraat gebars.

Marie Beylefeld, lid van die DA, sê die reservoir is tans afgeskakel terwyl die Sol Plaatje-munisipaliteit die gebarste pyp herstel. “Voor hulle die pyp kan herstel, moet hulle eers die pyp leeg pomp. Dit behoort nog ’n paar uur te neem.”

FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, gedoen, maar geen kommentaar is teen tyd van publikasie ontvang nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *