Twee ernstig beseer in Cartersweg-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Twee vrouens is ernstig beseer ná die voertuig waarin hulle gery het met ’n vragmotor gebots het.

Die ongeluk het op die hoek van Cartersweg en Schmidtsdriftweg plaasgevind.

Die Toyota-voertuig het deur die heining van Gas World tot stilstand gekom. ER24 en ander ambulansdienste, asook die brandweer, is tans besig om dié twee vrouens te bevry.

Na bewering het die Toyota-voertuig voor die vragmotor ingery en het toe beheer oor die motor verloor.

Twee kinders, wat ook in die voertuig was, is reeds hospitaal toe geneem vir geringe beserings.

Twee bane in albei rigtings word versper.

Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is. Owerhede is op die toneel.