KIMBERLEY. – Talle mans en vrouens, geklee in swart en wit, loop met borde en plakkate as deel van die bewusmaking teen geslagsgebaseerde geweld.
Hierdie groep mense is tans in Bishopslaan, naby die Sol Plaatje-universiteit.
Soortgelyke optogte het al regoor Suid-Afrika plaasgevind.
Die mense loop in die straat en veroorsaak dat die verkeer in daardie area baie stadig beweeg.
Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is.



