Ongeluk in Oliverstraat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Twee voertuie het in Oliverstraat, oorkant Montrio Office Park, gebots.

Die een baan word tans versper en ambulansdienste is op die toneel.

Een vrou is met geringe beserings na die hospitaal geneem. Die ander passasiers het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is.