SA-pluimbalspan se gees is aansteeklik

KIMBERLEY. – Kimberley se pluimbalspan gaan binnekort die Noord-Kaap by die Melville Cup en Ope-spel verteenwoordig.

Hierdie kompetisie vind in Durban plaas vanaf 26 September tot 5 Oktober plaas.

Proewe

Philip Opperman, die spanbestuurder van dié span, sê hulle is baie opgewonde oor die toer. “Die span bestaan uit vier mans en vier vrouens, wat deur middel van proewe vir die span gekies word. Die provinsiale span hou ’n proewetoernooi en die uitslae van die jaar se spel tot op daardie punt van proewe, asook die proewe se uitslae, bepaal wie in die span opgeneem word.”

Altesaam 30 spelers het aan die proewe deelgeneem.

Toernooi

“Die eerste vier dae van die toernooi is die ‘ope spel’, wat die individuele spel is. Daarna vind die spankompetisie plaas.

Nuwe spelers

“Meeste van die span wat verlede jaar ook deelgeneem het aan die toernooi, is weer hierdie jaar opgeneem. Ons het drie nuwe spelers, waarvan die jongste 15 jaar oud is,” vertel hy. “Tania Bekker, Diané Olivier en Wiehan Smit is ons nuwe lede.”

Die spelers wat aan die toernooi deelneem, is tussen die ouderdom van 15 en 47. “Ons het ’n paar tawwe, jong mense in die span.”

Jongste speler

Deane Olivier (15), wat ook deel vorm van die span, is ook opgeneem in die o/17-nasionale span, die o/19-nasionale span en die senior oefengroep vir die nasionale span.

Familie

Phillip sê die voordeel van pluimbal is dat die span soos ’n familie raak. “As die gogga jou eers gebyt het, wil mens nie ophou nie. Dis ’n baie sosiale sport en die gees is aansteeklik.”

Hier is die spelers:

Paul van Rensburg Kaptein
Martinet Burger Onderkaptein
Wiehan Smit Speler
Freddie Nel Speler
Philip Opperman Speler
Diané Olivier Spanbestuurder/Speler
Michelle Heins Speler
Tania Bekker Speler

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: