Baba se ouers vir mishandeling gevonnis

Foto: Pixabay

KIMBERLEY. – ’n Baba (21 maande) is hier so erg aangerand, sy boude het ernstige brandwonde gehad en was oortrek met swart rowe en blase.

Kol. Dikamatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die ma en pa van die baba is op 21 November verlede jaar in Galeshewe in hegtenis geneem. ’n Plaaslike nie-regeringsorganisasie het die voorval by die polisie gerapporteer. Die baba het ook ’n geswelde oog, verskeie seerplekke aan sy lyfie, gesig en bors gehad.

Die ma en pa is op 10 September in die Galeshewe-landdroshof vir 15 jaar tronk toe gestuur. Albei is 10 jaar tronkstraf opgelê vir kindermishandeling en ’n verdere vyf jaar vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.

“Die polisie wil hiermee die boodskap uitstuur dat geweld teen vroue en kinders nie geduld sal word nie,” sê Mooi.

Die ondersoekbeampte was sers. Cindy de Jong.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: