Verbrande ma en baba – verhoor geskeduleer

WINDSORTON. –  Michael Pietersen, die 35-jarige man van Windsorton, wat beskuldig word van die moord op sy 19-jarige meisie en hulle tien maande oue babaseuntjie, het vandag weer in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn. Sy verhoor is vir vandag geskeduleer.

Na bewering het hy die oorledenes se liggame verbrand.

Volgens Mokgele se ouer suster wou haar suster die verhouding verbreek, omdat dit ’n baie vernielende (abusive) verhouding was. Sy het na die verdagte se huis gegaan en nie weer teruggekom nie. Martha en Neo Mokgele se verbrande liggame is Sondag 12 Mei 2019 in ’n nabygeleë veld deur ’n verbyganger gekry.

Phaladi Shuping van die nasionale vervolgingsgesag het bevestig die saak is uitgestel tot 9 tot 13 Desember 2019. Sy verhoor sal in die hooggeregshof in Kimberley plaasvind. Pietersen bly in aanhouding tot sy volgende verhoor.

Pietersen staan tereg op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van lykskending.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: