Protesaksie duur voort

RITCHIE. – Die protesaksie wat Maandag hier begin het, duur voort.                     

Daar word bande in Motswedimosa gebrand. Die polisie is op die toneel.

Bonsile Makhamba, die raadslid van wyk 26, sê die protesaksie is as gevolg van ongelukkigheid oor die aanstellings van kontrakteurs en sub-kontrakteurs vir die padprojek. “In Junie is ’n vergadering gehou waartydens 31 besighede moes kies watter kontrakteurs die werk gaan kry. Almal het die dokumente ontvang wat teen ’n sekere datum ingedien moes word, maar net 11 besighede het hulle dokumente ingedien.”

Wees asseblief versigtig indien julle in daardie area is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: