Twee kinders later.

Twee kinders later – Geskryf deur Charmé Kriel

INSPIRASIE – Toe Charmé met ernstige pre-eklampsie gediagnoseer word toe sy 27 weke swanger is met Lisa, is sy stomverbaas. Sy moes dan nog 13 weke swanger wees, haar baba kan nie nou gebore word nie! Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Liza weeg 850 gram, ‘n mikroprem, en sy veg elke dag om haar lewe.

Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Inteendeel die eerste jaar was moontlik die moeilikste tyd van haar lewe. Maar Charmé se storie is meer as dit: dit is ‘n universele storie van oorlewing van elke moderne ma. Charmé vertel haar storie met humor en deernis. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: