OTM-bom gefnuik

KURUMAN. – Vyf mans is in die vroeë oggendure hier gearresteer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en plofstof.

Die Tactical Response-eenheid (TRT) en die Valke het inligting oor gewapende verdagtes in ’n Quantum-minibus ontvang. Hulle was na bewering van plan om ’n OTM by Hotazel te laat ontplof.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê hulle het inligting opgevolg en die voertuig opgespoor. “Die bestuurder van die voertuig het weggehardloop. Die oorblywende vyf verdagtes is deursoek en is onmiddellik gearresteer.”

Drie pistole, handskoene en ploftoestelle is in hulle besit gevind.

Die verdagtes, tussen die ouderdom 19 en 31, sal binnekort in die landdroshof op Kuruman verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: