Polisie moet toets vir MIV

NOORD-KAAP – Polisielede word aangemoedig om hulleself vir MIV/VIGS en tuberkulose te laat toets.

Die Noord-Kaap en Vrystaatse werknemersgesondheid- en welstandeenheid (EHW) het gesamentlik die MIV/ VIGS- en TB-ambassadeursprogram in Kimberley van stapel gestuur.

18 Baadjies

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê die bekendstelling het in die polisie-gimnasium in Kimberley plaasgevind.  “Liberty Life het 18 baadjies vir ambassadeurs geborg.”

Kock sê die sprekers het die boodskap oorgedra dat tuberkulose en MIV/ VIGS nie ’n doodsvonnis is nie. Besmette persone moet seker maak dat hulle hul medikasie gebruik, soos voorgeskryf deur die dokter. Een van die sprekers tydens die bekendstelling het getuig dat hy al vir 27 jaar met MIV leef en het besmette persone aangemoedig om gesond te lewe en weg te bly van alkohol, rook en dwelmmiddels.

Status te ken

“Die doel van die ambassadeurs is om hulle mede-kollegas in die polisie te inspireer om hulle status te ken en te laat toets vir tuberkulose en MIV.”

Die Vrystaat-reklametoer het in Junie 2019 begin en die Noord-Kaap het hierdie week begin en sal deur die provinsie toer, met die doel om hierdie belangrike boodskap aan lede van die polisie uit te dra.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: