Polisie het geen DNS-rekord vir 46 727 seksoortreders

SUID-AFRIKA – LP-Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, sê hulle het ’n dringende versoek aan Bheke Cele, minister van polisie, gerig om prioriteit te verleen om die konsepwetsontwerp vir die strafreg van forensiese prosedures ter tafel te lê.

Whitfield sê hierdie wetgewing bied ‘n onmiddellike stap wat geneem kan word in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. Die verandering aan die wetsontwerp sal verseker dat oortreders vinnig en effektief in hegtenis geneem word. 

DNS-monsters mag voortaan geneem word

Die wetsontwerp maak voorsiening dat DNS-monsters van veroordeelde misdadigers van seksuele misdrywe voortaan geneem mag word, sê Whitfield. Dit sal die polisie in staat stel om herhalende oortreders vinnig te kan identifiseer wanneer hulle in die samelewing vrygelaat word.

Whitfield sê die polisie het tans geen DNS-rekord van 46 727 veroordeelde misdadigers vir seksuele misdrywe nie. Hy sê die minister se handtekening is al wat sedert 2017 skort om die wetsontwerp te bekragtig.

Minister van polisie soek ’n DNS-monster van elke burger

Volgens Whitfield wil Cele ’n DNS-monster van elke burger hê.

Whitfield sê die versoek is onnodig en teen die grondwet. Dit sal boonop heeltemal onbekostigbaar wees, sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: