Opgespoorde meisie nie Rehanna

Rehanna Kwena Moshoeshoe het in 2010 vermis geraak. Sy was ’n leerling aan die Hoërskool Girls High. ‘n Foto van ‘n meisie wat in die strate van Johannesburg gekry is, doen die rondte en daar word beweer dis Rehanna.

Vals

Die meisie wat gevind is, is glo gedisoriënteerd en verward. Gerugte doen die rondte dat DNS-toetse gedoen is om te bewys dat dit Rehanna is.

Nie sy nie

Tremaine Barnes, aktivis vir mishandelde vroue en kinders het namens Rehanna se familie op Facebook gevra mense moet ophou om die nuus te versprei dat Rehanna gevind is. Dit ontstel die familie, omdat Rehanna steeds nie gevind is nie.

Missing Children SA het ook op hul Facebook-blad bevestig dit is vals gerugte en het gevra dat die verspreiding van die inligting moet stop. Hulle sal in verbinding bly met die polisie en enige inligting gee sodra daar enige nuus is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: