18 Jaar na terreuraanval

Die wêreld herdenk vandag die dodelikste terreuraanval wat vir ewig in wêreldgeskiedenis onthou sal word vir die hoeveelheid mense wat op dié dag in 2001 gesterf het. Tydens 9/11 het 2996 mense hulle lewens verloor en 6000 is ernstig beseer.

Duisende oorlede

Op Dinsdagoggend 11 September 2001 het ’n reeks van vier gekoördineerde terreuraanvalle deur die Islamitiese terreurgroep al-Qaeda teen die Verenigde State plaasgevind. Meer mense is in die maande en jare ná die aanvalle aan 9/11-verwante kanker en respiratoriese siektes oorlede.

Groot hartseer

Die aanvalle op New York en Washington D.C. het dood en vernietiging teweeggebring en ’n reusepoging deur die Amerikaanse Veiligheidsdiens om terrorisme hok te slaan is van stapel gestuur. Die polisie en brandweer in New York was hard getref. Honderde het na die toneel van die aanvalle gehaas en meer as 400 polisiebeamptes en brandbestryders is oorlede.

Mense regoor die wêreld herdenk die dag met groot hartseer. Hoe oud was jy toe die aanval gebeur het? Kan jy nog onthou wat jy besig was om te doen toe jy daarvan hoor?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: