Rede vir Ritchie-protes

RITCHIE. – Die protesaksie wat hier plaasvind, het ’n negatiewe impak op werkers en kinders in die omgewing.

Niemand kan in hierdie stadium die dorp binnegaan nie, maar die N12 is na bewering oop vir gebruik.

Kontrakteurs

Bonsile Makhamba, die raadslid van wyk 26, sê die protesaksie is as gevolg van ongelukkigheid oor die aanstellings van kontrakteurs en sub-kontrakteurs vir die padprojek. “In Junie is ’n vergadering gehou waartydens 31 besighede moes kies watter se kontrakteurs die werk gaan kry. Almal het die dokumente ontvang wat teen ’n sekere datum ingedien moes word, maar net 11 besighede het hulle dokumente ingedien.”

Ongelukkig oor keuse

Hy sê die keuse was in hulle eie hande, maar nou is hulle ongelukkig daaroor.

“Mense moet verstaan dat ek nie deel is van die aanstelling van kontrakteurs of sub-kontrakteurs nie. Ons gaan wel ’n vergadering hou met die gemeenskapsleiers en kontrakteurs om hierdie protes te probeer stopsit.”

Werkloosheid

Makhamba sê die protesaksie het ’n negatiewe impak op werkers en kinders in die omgewing. “Kinders kan nie skool mis nie. Hier is ook ’n hoë werkloosheidsyfer en nou kan die mense wat wel ’n werk het, nie gaan werk nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: