Plant ’n spekboom!

Weet jy wat is ’n spekboom? Weet jy dat hierdie eg Suid-Afrikaanse plant help om klimaatsverandering en lugbesoedeling te beveg?

’n Spekboom is nie net maklik om te laat groei nie ( breek ’n steggie af en druk dit in grond wat baie sonlig kry), maar is ook waterwys en veerkragtig. ’n Spekboom kan tot 200 jaar leef. Die blare is eetbaar en hoog in basiese voedingstowwe.  Dit verbeter die kwaliteit van die lug wat ons inasem.

As jy bang is dat ’n spekboom nie by jou gaan aard nie, wees verseker dit is geskik vir alle seisoene en weeromstandighede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: