KIMBERLEY – Die Kimberley-polisie het omstreeks 02:00 die oggend van 5 September op ’n miljoen rand se dagga beslag gelê.
Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie, sê die polisie het vroeg Donderdagoggend ’n verdagte silwer Toyota, met twee insittendes, opgemerk. Hulle die voertuig gestop en dit deursoek.
Dagga ter waarde van R7 142.85 per kg
Tawana sê die polisie het nege sakke, met 140 kg se dagga, in die kattebak gevind. Die dagga se waarde word teen bykans R7 142.85 per kg beraam.
Twee mans is vir die besit van dagga in hegtenis geneem. Op die voertuig is ook beslag gelê, sê Tawana.
Kol. Belinda Rikhotso, waarnemende bevelvoerder van die Kimberley-polisiekantoor, het die lede van die misdaadbekampingseenheid bedank.





