KIMBERLEY – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, gaan die Twitter-profiel dagvaar wat onlangs valse bewerings van verkragting teen hom geplaas het.
So skryf die premier op sy persoonlike Twitter-profiel. Hy sê ’n regstelling sal nie deug om vervolging te keer nie.
Saul maan almal om inligting wat op sosiale media en die internet versprei word met ’n knippie sout te neem. Hy sê valse aantygings soos hierdie kan vir onskuldige mense hartseer veroorsaak.
“Werk om die provinsie te bou tot ’n moderne, groeiende en suksesvolle provinsie duur voort,” sê hy.
Die Twitter-plasing deur @dbnsurvivors was teen tyd van publikasie nog nie verwyder nie.
Zamani Saul pic.twitter.com/Ffy45h7TNU
— DBN_Survivors (@DbnSurvivors) September 4, 2019


