Suid-Afrikaanse jeugkoor deur na finaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ndlovu-jeugkoor, wat in Junie aan die oudisies van America’s Got Talent deelgeneem het, is nou deur na die finaal.

Whitney Houston

Dié groep het gister aan die semifinaal deelgeneem en het hulle eie weergawe van Whitney Houston se Higher Love gesing. Met hierdie optrede het hulle ’n plek in die finaal losgeslaan.

Applous van beoordelaars

Geklee in ligblou en ’n vuvuzela het hulle met hulle dans, stemme en energie die beoordelaars en gehoor op hulle voete gehad. Die vertoning is afgesluit met ’n groot applous van die beoordelaars.

Indien jy nog nie die optrede gesien het nie, kyk die video hier: