Vervoermaatskappye in rep en roer

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika se vragmotormaatskappye is in rep en roer ná vragmotors beskadig, geplunder of aan die brand gesteek is.

Buitelanders

Herman Groenewald, wat ook sy eie vervoermaatskappy besit, sê die oorsaak van hierdie stakings en beskadiging is omdat Suid-Afrikaanse burgers voel buitelanders vul werksgeleenthede in die vervoersektor,wat eerder aan burgers hier gegee kan word.

“Talle trokke is al in die laaste twee weke beskadig, wat trokeienaars duisende rande kos. Dit plaas vragmotoreienaars en die drywers ook in ’n posisie waar hulle bang is vir hulle veiligheid.”

Sosiale media

Video’s en foto’s vanuit Nigerië doen ook die rondte op sosiale media, waar besighede in Nigerië, wat besit word deur Suid-Afrikaners, geplunder word.

Alhoewel Kimberley nog nie so baie geraak word hierdeur nie, is Kimberley ’n gewilde roete na groter stede soos Durban en Johannesburg, waar hierdie voorvalle wel plaasvind.