VANDERBIJLPARK. – ‘n Opvoeder by Laerskool Kollegepark hier is in hegtenis geneem vir die ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6).
Amy’Leigh is ’n gr. RR-leerling by dié skool en is Maandagoggend voor die skool deur vier mense in ’n Toyota Fortuner na bewering ontvoer.
Andries Pienaar, voorsitter van die beheerliggaam van die skool, sê gerugte dat dit Amy’Leigh se klasjuffrou is, is onwaar.
“Die beheerliggaam bevestig dat dit nie die meisie se onderwyseres is wat in hegtenis geneem is nie. Gerugte hieroor wat op sosiale media die rondte doen, is nie korrek nie.”
Pienaar sê die beheerliggaam is nie by magte om enige verdere inligting oor die verdagte bekend te maak nie. “Sodra die verdagtes formeel aangekla is, sal die beheerliggaam ’n mediaverklaring uitreik.”
Die beheerliggaam gee intussen sy volle samewerking aan die polisie en die Gauteng-onderwysdepartement. Bykomende veiligheidsmaatreëls word ook reeds by die skool geïmplementeer.”
Dit volg na berigte vanoggend dat drie mense in verband met Amy’Leigh se ontvoering in hegtenis geneem is. Die drie verdagtes sal môre in die landdroshof hier verskyn.
Lees vanoggend se storie hier.



