’n Groente-winkel in Roodepan het ongeveer 04:30 afgebrand. Die brandweer is uitgeroep na Green Fruit Market nadat dit in die oggendure vlam gevat het.
Eienaar kon net kyk
Rashid Camroodien, eienaar van die winkel, kon net hulpeloos staan en kyk hoe die brandweer vlamme blus en sy winkel probeer red. Hy was onbewus van die brand en het dieselfde tyd as FiND iT op die toneel aangekom.
Eienaar geskok
Camroodien sê: “Ek is geskok. Ek weet nie wat die brand kon veroorsaak nie. Ek was by die huis toe ek die nuus hoor en na die winkel haas.”
Geen beserings
Thinus Pretorius, van Kimberley-brandweer, het aan FiND iT bevestig dat niemand in die brand beseer is nie en dat dienoorsaak van die brand ondersoek word.
Albert Hensburg, bestuurder van ER24, sê: “Daar is niemand beseer nie. ER24 was op die toneel as bystand vir die brandweer.”





