KIMBERLEY. – Charl Stoltz (45), wat in Junie ’n vermeende dief in die middedorp geskiet het, het vandag in die landdroshof hier verskyn. Die ondersoek is nog nie afgehandel nie.
Poging tot moord
Die voorval het op 10 Junie 2019 plaasgevind.
Die man wou na bewering Stoltz se selfoon steel. Stoltz het op 12 Junie 2019 op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ’n pistool in ’n munisipale/openbare area verskyn.
Verslag uitstaande
Die J88-verslag is reeds ingedien, maar die ballistiese verslag word egter nog benodig.
Hofverskyning van beweerde dief
Ettiene Mathewson, Stoltz se prokureur, het ook bevestig hulle wou die volgende hofverskyning uitstel na dieselfde dag wanneer die beweerde dief in die hof sal verskyn. Hulle kon egter nie vasstel wanneer sy volgende hofverskyning is nie.
Landdros Celeste Nameka het die saak tot 1 Oktober 2019 vir verdere ondersoek uitgestel.



