NOORD-KAAP – Ses geïdentifiseerde klopjagte met die fokus op gevaarlike wapens en dwelms is deur die polisie by skole is op Upington, Kakamas en Keimoes polisie uitgevoer.
Twee vroulike leerders het die stilte verbreek oor beweerde voorvalle van mishandeling in die verlede.
Die polisie het in samewerking met die betrokke belanghebbendes twee statiese padversperrings, ewekansige voertuigkontrolepunte, besoeke aan drankwinkels en 125 besigheidsondersoeke gedoen. Meer as 2400 persone, 759 voertuie en 26 persele is deursoek en 20 verkeersboetes uitgereik.
Die speurders het 27 verdagtes in die vroeë oggendure van 29 Augustus in hegtenis geneem vir poging tot moord, huisbraak, aanranding met die opset om ernstig te beseer, seksuele aanranding, roof en die besit van dwelms.
Die operasie is op Vrydag 30 Augustus 2019 afgesluit met ‘n parade vir vroulike wetstoepassing met die SAPD, departement van binnelandse sake, verkeer en doeane in Rosedale, waartydens die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, me Nonthobeko Vilakazi, die vroulike wetstoepassers toegespreek het. Me Vilakazi het die departement van natuurbewaring, omgewingsake, die departement van arbeid, die onderwysdepartement, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforumstrukture en alle ander belanghebbendes vir die sukses van die vrouemaand-veldtog en operasie Basadi bedank.
Me Nonthobeko Vilakazi het gesê: “Ons is op reis na ‘n veiliger Suid-Afrika, die skep van ‘n veilige, misdaadvrye omgewing wat bevorderlik is vir sosiale en ekonomiese stabiliteit, wat ‘n beter lewe vir almal ondersteun.”




