Vrou uit wrak gered

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou wat gister voor Spur in haar motor vasgekeer was na ’n ongeluk in Memorialweg, is stabiel en in Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal opgeneem vir waarneming.

Twee motors was omstreeks 15:25 in ‘n motorongeluk voor die Spur in Memorialweg betrokke. Die vrou was in haar wit Golf vasgekeer en moes deur die brandweer en noodpersoneel bevry word.

André Joemat van ER24 het aan FiND iT bevestig dat die vrou vir waarneming opgeneem is.