KIMBERLEY. – Nuwe LED-ligte het die ou straatligte in sekere areas van Kimberley vervang.
Mev. Thoko, van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê in dié stadium sal net sekere areas in Kimberley hierdie nuwe LED-ligte ontvang, alhoewel hulle graag ál die straatligte in Kimberley sal wil vervang.
“Die munisipaliteit het fondse vanaf die departement van energie (DoE) ontvang om hierdie ligte te vervang.”
Sy sê die rede vir die vervanging is omdat dit elektrisiteit bespaar. Sy is egter nog onseker hoe die areas, waar die nuwe ligte geïnstalleer moet word, gekies word.
Nuwe ligte is reeds in die Kimdustria-area naby die Shell-vulstasie in Constantialaan geïnstalleer.



