Dagga in brandblusser by skool gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die SAPD in Kakamas het ’n besoek, met behulp van die onderwysdepartement, by ’n Hoërskool in Kakamas gedoen waar honderde skoliere deursoek is.

Brig. Ramatseba sê die polisie het verskeie gevaarlike wapens soos ’n skêr, spieëls en 14 sakkies dagga in ’n brandblusser buite ’n klaskamer gevind.

“Hulle het ook verskeie lukrake persone in die Kakamas-middestad gestop en deursoek. Twee mans is gearresteer omdat hulle vermoedelik gesteelde goedere, asook ’n paar sakkies dagga in hulle besit gehad het.”

Daar is ook voldoen aan besoeke aan tweedehandse goedere handelaars en skrootwerwe.