Lekkasie stroom soos rivier in Kimberley-Noord

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Massiewe waterlekkasie laat stroom na bewering water sedert die naweek in Beitstraat in Kimberley-Noord.

Celeste Louw, ’n inwoner van die gebied, sê sy het die lekkasie oor die naweek opgemerk en dit aan die munisipaliteit rapporteer. Die water stroom soos ’n rivier in ’n stormwaterafvoerstelsel in. Dit is teen Woensdag nog nie herstel nie, sê sy.